Boerewors hamburgers
Ons maak ons eie boerewors. Nie omdat ons windgat is of iets nie, maar bloot omdat die slagters en winkels hier in Amerika dit nie maak nie. Wanneer ons die wors stop, bly daar gewoonlik vleis agter wat te min is om deur die stopper te gaan. Hierdie vleis word dan in hamburger patties gemaak. Maak 'n ronde bolletjie en klap hom plat terwyl jy hom draai en in 'n plat skyf fatsoeneer.
Ons hou van hom lekker sappig, so hy gaan so 3 duim in deursnit wees by so duim dik. Ons sit dan die patties in 'n vakuumseƫler en druk hom in die vrieskas vir wanneer ons hom gaan braai.
'n Paar uur voor jy gaan braai, haal die gevriesde patties uit om te begin ontdooi. Braai die burgers soos wat jy normaalweg sal.
Hierdie is die lekkerste hamburgers wat jy al ooit geeet het.
