Sebastian Inlet State Park
Sebastian Inlet State Park is geleƫ naby Vero Beach in Florida. Die park ingang is aan die suidewestelike kant van die brug. Omrede dit 'n State Park is, is alkohol verbode, maar mens kan altyd jou bier in 'n 'coozie' wegsteek. Doen dit op eie risiko aangesien daar baie Park Rangers is wat gereeld patrollie. Troeteldiere word toegelaat, maar hulle mag nie los loop nie. Neem 'n draagbare kraal saam of maak seker dat die honde op 'n leiband is.
Daar is heelwat musiete en noseeums regdeur die jaar, so neem genoeg insekte afweermiddels saam. Die groen musietstokkies wat jy aan die brand steek werk baie goed.
Daar mag net vuur binne in die vuurputte gemaak word of op jou eie gas/charcoal braai.
Daar is twee groot en skoon ablusieblokke met wasgoedgeriewe. Die ablusieblokke is baie sentraal geleƫ. Daar is ook vending machines wat bottels water en blikkies koeldrank verkoop.
Die meeste kampplekke het almal eletrisiteitsvoorsiening (120V 50A) en 'n wateraansluiting, maar daar is geen 'full hookups' nie. Jy sal moet sorg dat jy 'n mobiele 'dumpstation' saamneem as jy vir 'n lang tyd gaan staan, anders sal jy jou karavaan moet haak en gaan leegmaak. Daar is wel 'n dumstation in die park.
Die beste kampplekke is die teen die water aangesien daar 'n lekker koel briese van die water af kom. Die plekke het ook die beste uitsig. Boek jou plek vroegtydig, hulle is baie gewild!
Daar is geen nutswinkel in die park nie, so jy sal moet ry om die nodige te gaan koop. Kry 'n goeie koeler wat jou ys vir 'n paar dae koud sal hou, anders gaan jy baie ry!
Die strand is binne 'n 15 minute loopafstand, maar dit neem jou na die suidekant van die brug toe. Om by die beskutte swemstrand en jetty te kom sal jy moet ry. Die jetty is baie gewild onder dagbesoekers, so jy sal vroeg moet wikkel om jou plekkie daar te bevestig.
Die algemene kaart van die park is hier onder aangeheg:

Verdere besonderhede kan by die park se webwerf gekry word.
Besprekings kan gemaak word by Reserve America, en meer besonderhede oor die kampplekke kan daar verkry word.
Die meer gewilde staanplekke word hieronder aangedui op 'n genommerde kaart:
Kliek op die staanpleknommers vir 'n foto:
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.
Details oor die ander staanplekke is beskikbaar by Reserve America se besprekings werf.
Hier is algemene fotos van die park en omliggende omgewing.
CLICK_TO_ENLARGE
CLICK_TO_ENLARGE
CLICK_TO_ENLARGE
CLICK_TO_ENLARGE
CLICK_TO_ENLARGE
CLICK_TO_ENLARGE
CLICK_TO_ENLARGE
CLICK_TO_ENLARGE
CLICK_TO_ENLARGE
CLICK_TO_ENLARGE
CLICK_TO_ENLARGE
CLICK_TO_ENLARGE
CLICK_TO_ENLARGE
CLICK_TO_ENLARGE
CLICK_TO_ENLARGE
CLICK_TO_ENLARGE
CLICK_TO_ENLARGE
CLICK_TO_ENLARGE
