Black water flush
Een van die minder aangename dinge om te doen as jy gaan kamp met 'n karavaan wat 'n ingeboude toilet het, is om die stelsel te drein as jy oppak. Mens is bang dat daar 'n 'klankie' sal agterbly as jy jou septiese houtenk nie goed genoeg skoon kry nie. Party karavane het 'n ingeboude sisteem met 'n nozzle wat jy aan 'n tuinslang koppel en dan die tenk daarmee uitspoel. Meeste van die eenhede het nou nie so ding nie en daarom word die volgende wenk beskikbaar gestel.
Wanneer jy jou tenks drein, trek eers jou grys water se dreinklep vir 'n paar sekondes oop om die uitlaatpyp te 'lubricate'. Dit keer dat goeters in die pyp vassit. Druk dan weer die klep toe en trek jou swartwater klep oop. Wees versigtig dat die dreinpyp goed in die afvalgat is en nie uitspring van die druk nie. 'n Goeie idee is om iemand braaf te kry om op die pyp se kop liggies te trap om te verseker hy gaan nie uitspring nie. Laat die tenk heeltemaal leegloop.
Maak 'n mengsel van louwarm water en 'n huishoudelike skoonmaakmiddel (wat lekker ruik) soos PineSol aan deur so 5 liter water en so 500ml PineSol te meng in 'n emmer. Sodra die tenk heeltemaal leeg is, druk die klep toe. Gooi dan stadig die mengsel in die toilet af. Wieg die karavaan dan heer en weer deur sommer aan die kante te stoot. (Die stabiliseerders moet natuurlik eers opgetrek wees). Nadat die mengsel mooi in die houtenk geskud is, kan die dreinklep weer uitgrek word om die oplossing te laat drein.
Nadat die tenk weer leegedrein is, kan die swartwater dreinklep weer toegemaak wod en die gryswaterklep oopgetrek word. Laat die tenk heeltemaal drein.
Hierdie prosedure sal verhoed dat daar enige 'klankies' agterbly en jy kan met 'n geruste hart weer uitsien na die volgende kamp.
